KYK, HY KOM
WAARSKUWING: Hierdie werk oorskry moontlik jou grense en jy mag dit dalk as pornografie bestempel. Moenie verder lees indien jy nie wil hê dat die morele verval blatant aangespreek word nie. Indien jy egter met my saamstem dat ʼn mens nie met sulke nagvuil kan werk sonder dat die vuil en die geur in jou neusgate en aan jou vel kom tent opslaan nie, lees dan verder.
Kyk, Hy Kom!
Lank, lank gelede...
Toe ooievaars die babas nog gebring het
en mense nog met goed ʼn kopie beding het
en God nog die pole was waar om die aarde gewring het
het ons gegrondves in die hemelruim gehang
Totdat seks die babas begin bring het
en die wêreld geld begin besing het
en die mensdom daarop aan begin dring het
om die God-pole met dié afgode te vervang!
Toe kom die aarde se tol spoed in ʼn depressie
Die wetenskap sê dis die gevolg van presessie!
Maar ek dink die mensdom se diepe obsessie
met Seks en Geld, lê agter die kwessie
Aan die geld-pool is daar geen ghries te smeer nie.
Die manna word hopeloos verdeel:
Die wat baie te skep het, skep heeltemal te veel.
Hulle gebruik selfs die armes as skep-goed
om so vir hulself meer te steel!
Met die seks-pool probeer die mensdom ‘n self vernietigende remedie:
Vroue lees hyg-romans
om hulself aan die hyg te hou
en in die bed met hul mans
aan seks-gode vas te klou!
Manne drink Rooi Bul
om hul verbeelding aan die vlieg te hou
en Viagra
om hul perde se teuels styf te hou.
Vroue, manne, selfs jonge kinders
www.swerfrond soos satans vlinders
Onlesbaar dors na blou “volwasse” water
Die ‘Universiteit van Porno’ word hul alma mater.
Ander betree die Ontoeganklike Donker...
Manne bepenis mekaar
En stort hul saad in longdrops
Vroue lê koek-teen-koek
Gekoppel met vibrasie
Vir ongoddelike orgasmasie!
Ander gee nog minder om -
Vagina, anus... selfs kind of stomme dier...
By die voordeur in of agterom!
Al wat hul soek is kromme plesier.
Maar... Wees gewaarsku, Hy kom!
Kyk, Hy stuur eers Sy Ambassadeur
om te kom vernietig wat Hy afkeur
en om die wêreld te bedwelm met die opium
van Sy heilige Deuteronomium!
Dan... skielik! Alles staan verstom!
Wanneer Hy met die wolke kom
is Sy teenwoordigheid alom.
Dan sal elk nie meer hul sê kan sê
en maak en breek soos hul wil hê...
Of nog dink ʼn haan kan eiers lê!
Kyk, Hy Kom!
Klik hier vir die volgende Bladsy en indien jy wil terugkeer na die Inhoud Opgaaf, klik hier