IN DIE BEGIN
Daar is nogal hewige verskille tussen die Wetenskap-koppe en die Gelowige-koppe oor waar alles dan nou eintlik begin het en waarheen alles dan nou kwansuis op pad is, en hoe en waar God en die Mens nou eintlik in hierdie uitgestrektheid inpas.
Vir baie mense is die dag van geboorte en die sterfdag soos dit daar op die grafsteen uitgebeitel staan, die alfa en die omega van hul bestaan. Vir vele ander is die omega van die aardse lewe maar net weer die alfa van die hemelse lewe waar daar nie ‘n omega in die alfabet is nie.
6 April, 1949: Ek kan getuig van vier alfas in my lewe. Toe ek my verstand kom kry vind ek uit dat ek op die sesde April gebore was, iets wat ek nooit toegelaat was om te vergeet nie, want op daardie dag was daar ‘n vakansiedag uitgeroep. Ek was nogal later so ‘n bietjie teleurgesteld toe ek uitvind dat dit toe nou nie ek was wat so belangrik was nie, maar iemand met die naam Jan van Riebeeck.
5 April 1985: Die tweede alfa van my lewe het wéér gebeur op ‘n vakansiedag, hierdie keer ‘n wêreldwye een in die Christen wêreld. Dit was op Goeie Vrydag dat ek daar in my eenvoudige huisie in vyfde laan, Kraaifontein ‘n bonatuurlike ervaring en ontmoeting met die HERE gehad het. Op daardie dag was die saad van Gods Woord in my geplant en daar het ek begin om Bybels heel te verslind en ek sou van daardie wonderlike dag af direk aan die voete van ‘n engel begin leer presies hoe die alfa en omega van God en Sy Skepping in mekaar steek asook van my plekkie in God se Bloudruk vir die mensdom.
5 Julie, 1948: Die derde alfa was eerste, maar ek het eers daarvan uitgevind deur die engel se telepatiese gesprekke met my. Dit het gebeur presies twee jaar voordat die Israelse Knesset die Wet van Terugkeer goedgekeur het. Ek was nog maar ‘n fetus in die 72ste dag van my ma se swangerskap. Op daardie dag was die geheue-skyfies van Noag, Daniël en Job (Ese.14:14) ingebed langs die van myne. Van daardie oomblik af was ek ‘n gekaapte fetus en my hele lewe, eers binne en na geboorte buite die moederskoot, magteloos onderworpe aan hemelse bestuur.
25 Desember, 2023: Die dag wat die Christene vier as die geboortedag van Jesus is toe nou nie dit nie. Dis wel die geboortedag van Isa, die man van die Koran wat die Moslems verwar met Jesus. Dit is ook die geboortedag van Sol Invictus, ‘n god van die Roomse godsdiens wat vir ons Kersfees in die Christendom gegee het, toe die ‘Mass for Sol’ sommer so doodluiters na ‘n ‘Mass for Christ’ vervang was, nadat hierdie godsdiens die Christendom binnegesypel en oorrompel het. Kom ons kyk maar. Miskien wag daar ‘n wonderlike verrassing vir die wêreld hierdie Kersfees.
In Die Begin
‘In die begin’. Dis waar alles begin.
Selfs die Groot Boek wat oor alles besin
Begin by ‘In die begin’
Die lewe begin nie daar
waar sperm die eier betree nie
Maar ‘In die Begin’
Toe die Pentagoon van
Ruimte, Massa, Lewe, Geslag en Tyd
Uitgemeet was
Die sewe pilare van Wysheid se Huis
Ingedryf was
In die Begin
Alles bo in die hemel
Of onder op die aarde
Of in die waters onder die aarde
Word vasgevang in die Skeppings Woorde van
In die Begin
Die Profete-rol vir hierdie Aion
Het daar by Job begin afrol deur Adam
Tot by die Noag van die eerste Vloed
Van Genesis Een vers Twee
Toe rol die rol weer verder
Tot by die Noag van die tweede Vloed
Dié met die Ark en die diere twee-vir-twee
Toe voortgerol deur die afbeeldings van
Die Sewe Geeste Voor die troon
Tot by die Koning Op die Troon:
JESUS!
Profeet, Priester, en Heer
Oor als en almal
Van hierdie Aion
Maar nou het die Tyd aangebreek
Dat die Laaste Profeet
In die Lewe moes kom
Om die Aion te bring
Tot by Armageddon
Sodat die mense van hierdie Aion
Die Vader-Gode kan word van die volgende Aion
Elk in ‘n mini Pentagoon van een Æon.
Die begin bly daar ver ‘In die Begin’
Maar die Æons rol voort van Aion tot Aion
Van Ewigheid tot Ewigheid
Tot die Groot Pentagoon volledig gevul is
En ‘n Groot Stem sal uitroep: Dit is Volbring!
En die Tyd weer sal terugskuif tot in die Begin!
25 April, 1948: My Begin
In Suid Afrika in hul eenvoudige nessie
Begin ‘n man en sy vrou met hul liefde sessie
Weggeraap deur die krag van verwekkings verrukking
Versmelt hul gene in volmaakte uitdrukking
Amper ‘n jaar voor hy gebore sou word
Word Barend se lewe in die moederskoot gestort
Op veertien Mei was daar jubilasie
Oor ‘n tuisland vir die embrio Joodse Nasie
Juda, Eersgeborene van Eindtyd Isra-el
Word wedergebore vanuit die Holocaust Hel
Twee-en-vyftig dae later op Julie vyf
Word die saak met die fetus op die spits gedryf
Noag, Job en Daniël kom in die eindtyd aan
Toe hul siele ook in koppeling met die fetus gaan
Die slapende fetus word toe wakker gemaak
Sodat die geboorte van die kind aan die dag sou raak
Toe Van Riebeeck sy opwagting in die Kaap kom maak
5 Julie 1948: Die Dag van Terugkeer
Die dag toe God die Mens uit die Tuin wegstuur
Na die Slang hul bevrug het met die sonde-gier
Was dit toe reeds bepaal
Dat die Mens weer na Eden sou terugkeer
Op die Dag van Terugkeer.
Die dag toe die Knesset die Wet bekragtig
Was daardie Wet voorwaar van God Almagtig
Want die Wet het bepaal
Dat Israel weer na Kanaän sou terugkeer
Volgens die Wet van Terugkeer.
Die Dag toe Noag, Job en Daniël van die aarde wegsterf
Het hul nog nie hul verheerlikte liggame beërf
Want God Almagtig het dit so bepaal
Dat hul as versteektes weer sou terugkeer
Op die dag van Terugkeer.
Binne twee-en-sewentig dae na die nag van verwekking
Het ‘n engel-ginekoloog onder narkotiese bedekking
Die Trio se geheue-skyfies langs die van die fetus
Ingebed en so gesorg vir hul terugkeer
Op die Dag van Terugkeer
Hoewel Hul verkeer in ‘n toestand van rus
Is hul drie ander persone in die Antichris
Deur die Laaste Profeet die wêreld ingebring en gedra
Totdat elk in sy eie verheerlikte liggaam sal terugkeer,
Op die Dag van Terugkeer
6 April, 1949: ‘n Seun is vir ons Gebore
In die Williams huisie is dinge in rep en roer
Hul derde kleinding behoort nou enige tyd
Sy opwagting te maak
Om die waarheid te sê, dinge rep al sedert 28 Januarie
Maar niks wil roer nie
Die verwagtende moeder het reeds haar intrek
By haar vroedvrou-ma op Koup-Stasie geneem
Alles gereed vir die groot aankoms.
Die ander treine kom en gaan
Almal volgens vaste skedules
Maar geen teken van die ooievaar-trein nie.
Het seker darem maar êrens
Op pad na nêrens
Uit stoom geloop
Veertig jaar later het die vraagtekens
Steeds aan haar gedagtes bly kleef:
“My kind, ma kan nou nog nie dink wat daar gebeur het nie,
Hoe ek so ‘n fout in my berekening kon gemaak het nie.”
Maar hoe kon sy dan ook?
Daar was geen engel wat aan haar verskyn het
Om haar te sê van die kindjie op pad
En dat sy hom Barend moes noem
Want hy sou die ‘Seun van die Einde’ wees?
Sy was salig onbewus van die engel-ginekoloog
Wat op die Dag van Terugkeer ‘n brein operasie
Op haar ongebore fetus uitgevoer het
En die dragtyd-horlosie terug gestel het tot zero?
En so was die geboortedag uitgestel
En ma en pa moes maar eenvoudig net wag
En wag en nogmaals wag vir die groot dag,
Die dag van hul seun se baring
In die wêreld
En later was die weder-geboortedag net so uitgestel
En die Laaste Profeet moes maar eenvoudig net wag

Die dag van Die Seun se Openbaring
Aan die wêreld van die einde.
Wie’s volgende?
Die Haan het dertien eiers in die Hen se nes gestort.
Twaalf het uitgebroei, groot geword.
Sommige het hul eie neste begin, ander het alleenlopers gebly.
Toe kom die Slagter!
Eers die Haan, toe die Hen,
Toe vyf slaghane kort na mekaar!
Die ander hane en henne het beangs gefluister:
“Wie’s volgende?”
Die Woord sê: “As iemand klop moet jy oopmaak!”
Maar ek sê: As Hý klop... gaan ék nie oopmaak nie!”
So naby en tog so ver
Dis die jaar neëntien een-en-sestig.
Jy-êF-Kei word die Amerikaanse president
Suid-Afrika loop uit die Britse Gemenebes
Die VN se Algemene Vergadering veroordeel Apartheid
Die ANC stig Umkhonto We Sizwe
Suid-Afrika word ʼn Republiek en...
Saam met al hierdie prominente dinge is dit
Ek en broer Hannes se laaste jaar op laerskool in Laingsburg
Gelukkig is die hoërskool net ʼn klipgooi van ons huis af weg
Ongelukkig is daardie skool gereserveer: Slegs vir Blankes
Ek en broer Hannes moes maar ons tasse pak
Elke kwartaal afskeid neem van ons geliefdes
Verby die wit geverfde hoërskool aankruie stasie toe
Die trein neem na die bruin geverfde hoërskool in Worcester
By vreemdes gaan nes skop so amper 200 kilometer weg van huis en haard
Om slegs vir elke skoolvakansie
Weer op Laingsburg-stasie af te klim
En verby die wit geverfde hoërskool aankruie huis toe
Soms kan dinge so ver wees
Tog... net ʼn klipgooi ver
Ander tye kan dinge so naby wees
Tog... so oneindig ver van naby!
Hierdie volgende versie is sekerlik vir my een van die pynlikste ervarings van Apartheid. Om te darem te dink dat ‘n Pa moes in sy eie huis die rol van Verwoerd vertolk!
‘n Broer maak ‘n Plan
Die Nasionale Party het die koek gevat
Maar in plaas daarvan om dit
Netjies met ‘n mes te sny
Het hy dit sommer met die byl gekap.
Dwarsdeur my pa se familie het die kinders
Weerskante van die Rubicon gespat.
Want hulle was wel duidelik Sem
Maar voor die koek gekap was
Het hulle Gam en Jafet vroue gevat.
En vandag wil pa by sy broer Frans gaan kuier...
Maar hoe nou gemaak?
Want soos die manna van ouds
Het die pigmente geval
Maar sommige het
Soos die volk van ouds
Te veel geskep
Maar die ander was net reg
Maar, ‘n Broer maak ‘n plan...
En ek sien pa se oë los ma s’n
En hy kry so ‘n Verwoerd-trek om sy mond
En hy kloek sy kroos tot rondom hom
En hy spreek die vonnis uit
Oor vanaf die oudste
Tot die jongste
Jêffie, bly jy by ma
Haaintjie, bly jy by Jêffie
Ben, ja...
Sussie, ja...
Gert, ja...
Bylie, jy bly...
Nie omdat jy te veel pigmente geëet het nie
Maar omdat jy so stout is
Fanie, ja...
Pietie, ja...
Babra, ja...
Makkie, bly jy ook maar by ma
Haainie en Joisie...
Julle kom saam
En so gaan pa en sy span
Vir oom Frans kuier
Maar ma en haar span
Ry met die tuisbly karretjie
Want ons moet aan die linkerkant van die pad ry
Maar aan die regterkant van die wet
Want sien...
Oom Frans was wit.
Besoek vanuit Engel-Land
As ek terug dink aan die dag toe ek helder oordag ‘n besoeker vanuit die hemelse dimensie ontvang het, kan ek nie anders om die mense wat ander mense vlak kyk op grond van hul velkleur sommer baie jammer te kry nie.
Dit was so ongeveer elfuur die oggend van ‘n baie lieflike lentedag. Ek was alleen by die huis in vyfde laan toe daar ‘n klop was aan die voordeur waarvan die bo-deur oopgestaan het. Dit was ‘n man soos baie ander in my woonbuurt, vel blas en die netjiese kroeskop effens grys langs die slape. Sy lippe was vaal en droog, en sonder dat hy nog iets kon sê het ek sommer instinktief geweet dat hy honger was.
Ek het hom ingenooi en gesê hy moet hom solank tuis maak, ek sit solank koffie-water op en dan stap ek gou tot by Maboula se winkel op die hoek om ‘n vars brood te kry. Ek het terug gekom, vir ons ‘n paar lekker toebroodjies gemaak met ‘n koppie koffie daar teenaan en hy het alles opgeëet en gedrink. Daarna het hy my gevra om die badkamer te gebruik en toe het hy totsiens gesê en is weer uit by die voordeur.
Onmiddellik nadat hy uit en buite my sig was het iets my bygeval en ek is haastig agter hom aan, maar buite die huis was hy nie. Ek het tot buite die voorhekkie gestap en op-en-af in die straat gekyk, maar niks. Tóé het ek besef dat hier iets snaaks aan die gang was. Ek kon nie onthou of ek en die man werklik met mekaar gepraat het nie. Alles het skielik so onwerklik voorgekom, maar tog, ek wéét hy was daar: sy leë koppie en bordjie met so ‘n paar oorskiet krummeltjies daarin my enigste bewys dat ek wel ‘n besoeker gehad het.
Ek sê dankie Here dat my hande, my hart en my huis se deur oopgestaan het vir daardie Vreemdeling en dat die woorde van Hebreërs 13:2 op ‘n wonderbaarlike manier vir my gekom vergestalt het: “Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste gehuisves.”