ALLEGAARTJIE
Die Reënboog Skool
Dag mevrou?
Ek siet u klap die sweep
by die mooiste skool vir klouter tjinners.
Die dak so hemels-blou,
die mure engeltjie-geel,
die vensters ewig-groen,
die deure in godlik-pers en roos
en ... suurlemoen?
Ek sien die kleure van hemelse flinners.
Haar afkyk oë en beefmond vra:
Ek kom net hoor of my kjint
in u se reënboogskool haar sit
ma’ kan kô sit.
Haar yskyk oë en klipmond sê:
Acarina my myt is jy blind?
Ek sien gʼn reënboog - dis wit!
Die skool is wit!
Fielo Hieppos
Jou naam sê jou liefde-beker loop oor
Maar alles word vir die perde gestoor
Ook nie sommer enige perd nie hoor?
Dis ratse spoedvrate wat jou bekoor.
Op die renbaan wys jou Achilleshiel,
want om te kan wed verkoop jy jou siel.
Voor Mammon se drome het jy gaan kniel
Verslaaf aan ʼn Krag wat jou lewe verniel
Tot almal se blydskap het jy bekeer,
hul glo vas die perde sien jou nooit weer.
Maar hul’t nie gesien hoe jy binne skeur
en nie tred gehou met die entrepreneur
Jy het vir jouself twee maskers gekry
om jou van hul agterdog te bevry.
Fielo Hieppos gaan steeds met die Boekies stry,
maar Filippus sal Sondag kerk toe ry.
Die Sekelman N1
Dood stil lê Macadam se swart stippelstreep tweekop boa in haar kronkels.
Haar een bek byt vas aan Tafelberg se voet
Die ander bek Beit vas aan ʼn brug vlak duskant MacGabe
As sy versadig is laat sy haar prooi toe om by haar vele sygange
te in en te uit om deur haar die land te deurkruis
en van plek tot plek te reis.
Maar as sy honger is ruk spiere spasties saam.
Sy sluk die lewens en ruil verwronge blik
en menseliggame vir kruise en blomme
Haar honger knaag maar deurgaans
maar met Kerse en Pase word sy opgeblase
van eet en eet en eet... en uitgevreet.
Die drie-enige Smet!
Kleurling! Bruinmens! Anderskleurige!
Ek en God HAAT die verwysings.
Dis ʼn smet op God se Naam
Dis ʼn smet op my naam
Dis ʼn smet op elkeen wat dit gebruik se naam.
Dieselfde God wat vir Samuel sê:
“Moenie oordeel volgens die uiterlike nie”
roep hartstogtelik daar vanuit die Begin:
“Moenie oordeel volgens die uiterlike nie”
sê in twintig-twaalf vir jou:
“Moenie oordeel volgens die uiterlike nie”
Skaam julle!
Sogenaamde kleurling geleerdes!
Professore, doktore, geestelike en sekulêre leiers.
Julle het die wat opkyk na julle in die steek gelaat
deur julle skouers op te trek en jul koppe, verstand en talent
onder die sand begrawe en toegelaat dat die gelate aanvaarding van
die smet-titels julle in blinde kruipmolle omskep!
Skaam julle!
Skaam julle!
Sogenaamde Kleurling, Bruinmens, Anderskleurige Massas.
Julle het teen Apartheid in opstand gekom,
Julle het teen hopelose omstandighede in opstand gekom,
Julle het teen die onregverdige Mammon in opstand gekom,
Maar die wortel van die kwaad, hierdie drie-enige Draak,
Het julle in geil grond gelos
Om maar ongestoord te groei en te laat bloei en uit te roei!
Skaam julle!
Skaam julle!
Skynheilige wit geverfde grafte!
Julle het jul broers met smet gedoop
en God se gepatenteerde “Afrikaner” titel
en sy bedmaat “Afrikaans” gesteel
en vir julself toegeëien,
die besmettes se spraak gereduseer tot dialekte
en so julself met Apartheid-smet geteer-en-veer.
Skaam julle!
On-boet-vaar-di-ges!
Selfs miljoene voete gewassery
sal hierdie smet nooit uitwis nie!
Daar is net EEN manier!
Julle sal ʼn tweet uit Saggéüs se Twitter bladsy
moet copy en in jul eie bladsy paste
en dit tweet en retweet
tot almal van julle "Die Boodskap" kry:
“... en as ek van iemand iets afgepers het,
gee ek dit vierdubbel terug!”
Moenie met woorde “jammer” nie!
“Jammer” deur te DOEN
Wat die drie-enige ‘Jy en Ek en God’ weet was reg is.
Jy hoef nie Afrikanerskap prys te gee nie,
Maar ons moet hierdie groot erfenis deel –
Verskillende historiese strome wat ineenvloei
Om EEN sterk Afrikanernasie te vorm,
EEN magtige Godsrivier met helende water
Wat in staat sal wees om die smet,
Nie net in Suid Afrika nie,
Maar wêreldwyd uit God se oordeel uit te wis!
Die Skrif aan die muur
1: Die kudde was rustig maar kriewelrig
toe die wagters se swepe begin bek
en hul geklap die lug om hul vlek.
Met ʼn drukgang na die laaibrug gerig.
Die trok oorlaai, die rit onplesierig.
Nêrens gestop om die bene te rek
of water afslaan. Dit was deurdag trek.
Die profytlyn maak mense geldgierig.
Met sonsak kom die trok tot stilswye.
Grootoog en spitsoor word onheil gesnuif.
Hul trok is maar een van vele in rye
wat aflaai. Laaibrug, drukgang, aankruie,
tot die nagstoor-deur agter hul toeskuif;
Die donker niks van môre beduie.
2: Die trop was styf teen mekaar gebondel,
maar hul skrik was groot toe ʼn mensehand
teen die muur begin skryf vankant tot kant.
Die voorskaap sal nou vinnig moet handel:
“Is hier dalk ʼn skaap met die naam Daniël?
ʼn Hanslam wat weet van die mens se land,
hul dinge en grille en skaapvleistand,
wat die skrif teen die muur kan ontrafel?”
Maar die skape is almal stil geskok.
Vir selfs die boerpot van purper en goud
is ʼn skaap te dom om te staan en jok,
of ʼn derde-in-rang prys hom laat lok.
Net te dínk aan lei maak ʼn skaap benoud
Hul weet maar te goed dis werk vir ʼn bok
3: Weer verskyn die mensehand in die lug
Maar hiérdie keer om die deur oop te maak
en die trop ʼn sug van verligting slaak.
Loer versigtig maar geen mens is in sig.
Net ʼn voorbok: “Ek kom doen net my plig
Wat ander ook sê ek doen dit met smaak
Want jul welstand is iets wat vir my diep raak
Ek het gekom om jul oor die Skrif in te lig.”
Toe hy praat word die skape baie stil
Hulle hoor hy sal hul na die uitlêg lei
in ʼn ander gebou al voel dit kil,
of verbeel hul hoor ʼn veraf gegil.
Hulle moet net teen die stemmetjie stry,
want die Skrif aan die muur word daar vervul
Bestem om te frack
Jy met jou vleuel vlaktes
gebarste-lip riviere
klip rante, klub dassies
en berge in skakerings van droog tot blou...
Jy met jou vetmaak, heelmaak kruie bossies,
potgooie blêrende, vretende lipaflek lekker
en traktemente van kambro, broes en
hotnotskooigoed vir hul pastore...
Jy met jou naaldekoker grondpaaie
en jou geheime afdraaie
waar San en Koi hul ‘ek was hier!’
teen rots-leie gelos het...
Soos als en almal voor jou
het jy ook in die oes-meester se visier beland.
Hy het besluit
om nie meer te draal’ie
om die skalie uit te haal’ie
Daar staan geskrywe:
Vir die mens is dit bestem
om een maal te leef en dan te sterf
Daar staan ongeskrewe:
Vir dier en plant is dit bestem
om een maal te leef en dan te vrek
Maar jy, o skoonste onder skones.
Vir jou, Karoo, is dit bestem
Om een maal te leef en dan te frack
Die Grysboog!
Hulle sien my en noem my ʼn kleur ling
ʼn Mengsel tussen ʼn swart en ʼn wit ding
Of noem hulle my miskien ʼn kleur ling
Want ek kan volbors in Ge-kruis sing?
Maar die Prediker sê: Gaan na die klavier en word wys!
Kry jy ʼn witmens, wit soos ʼn klawer
Of ʼn swartmens, swart soos ʼn klawer?
O Nee! sal dit hard en duidelik dawer
Tensy jy’t gedrink aan die bors van papawer
Of gaan na ʼn skilder en vra hom of haar
Of wit en swart ʼn ou kleurtjie kan baar!
Hulle sal in ongeloof na jou staar
En dink al jou varkies het weggevaar
Maar kyk deur ʼn prisma, word wys in die saak
Dis net lig wat die reënboog se kleure kan raak
Meng mense in die bed en voeg sout by na smaak
En weet: Dís die prisma wat die Grysboog maak.
Dis ʼn Boy!
Die vrou was op die punt om ʼn kind te baar
Die vader het stip voor hom uit gestaar
ʼn Sewekop monster het verwoed rondgetrap
Al sewe maak aanspraak op baas-vaderskap
“Dis ʼn Boy! Het die roepstem luid weergalm
Die Monster het nie ʼn oomblik langer getalm
Elke kop wou dadelik sy pond vleis opeis
Maar Salomo se beslissing was weereens wys.
“Moenie die kind opsny nie maar hou hom heel
Dan sal jul hom dalk baie beter kan deel”
ʼn Boy om in jou tuin te kom werk
ʼn Boy om jou kar te was vir die kerk
ʼn Boy vir dit
ʼn Boy vir dat
ʼn Boy word mos nooit moeg of mat
ʼn Boy sodat jy lekker rond kan kerjakker
Hy bly net ʼn Boy en word nooit jou makker
Maar die pa sug verlig en kyk na Bo:
Here help my om die kind in U te laat glo
Viva en Koebaai!
Viva President Nelson Mandela, viva!
Viva President Thabo Mbeki, viva!
Viva President Kgalema Mothlanti, viva!
Viva... eeee... Viva president ... eee...
Koebaai president Julius Malema, Koebaai!
Tata Mandela
Hier op onse aarde benede
Word alles gemeet in eenhede
Ons meet lengte in Meter
En dis Hertz vir die eter
Gewig in Gram
Volke in Stam
Tyd in Sekonde
Mense in Monde
Ons meet Lig se sterkte in Kandela
Maar Vergifnis aan Tata Mandela
Tata word Tatta
Tata ‘ma Lotto
Tata ‘ma chance
Tata ‘ma millions!
Tata miljoene?
Tatta my vrinne!
Ek, vuilgoed drom!
Dis Maandag.
Langs die vuilroete staan die houers
Tot barstens toe vol van nuttelose weggooi.
Elk netjies voor hul adres
Hul binneste bestem vir die verderf
Ek voel so.
Langs die vuilroete gaan staan nóg een houer
Tot barstens toe vol van nuttelose weggooi.
Netjies voor my adres
My binneste bestem vir die verderf
My deksel lig.
ʼn Breë glimlag begroet my binneste:
“Vandag slaan ek die jackpot hier”
Praat die stem deur ʼn haasbek waaraan
ʼn toppertjie krampagtig vasklou
My deksel sak
Ek voel klaar ligter, verlos van leë drankbottels
Plastiek, blikkies, papier en nugter weet alles wat.
My deksel lig... my deksel sak
My deksel lig... my deksel sak
My deksel lig... my deksel sak
My deksel lig.
Ek wil dit uitskree! ‘Hier is niks meer bruikbaar in my nie!
Laat ek, hierdie nuttelose mens,
in vrede nou maar na my ewige tuiste gaan!’
Maar die stem is sag wat my gerusstel: “Toemaar, ek maak net seker,”
Terwyl Deurboorde Hande strelend my innerlike vir oulaas uitsorteer.
Ek voel weer skoon en nuut gebaar.
En kan oortuigd van hierdie wêreld uittree
En deur Sy Handewerk in die hemel aantree.
My lewe word onttrek en sagkens in ʼn ligkombers toegewikkel.
Net die leë drom bly agter...
My deksel sak.
55 Trappies na Vryheid!
(Opgedra aan almal wat al ooit tereggestel is)
Ek moet nou boet want daar staan geskrywe:
‘Oog vir oog, tand vir tand
Voet vir voet, hand vir hand
Wond vir wond
Brandplek vir brandplek
Kwesplek vir kwesplek.’
Want ʼn Lewe het ek geneem
Met my lewe moet ek betaal.
Dis hoe dit werk in die sisteem
Nou kom die laksman my haal.
Vir Iemand was 27 jaar
ʼn ‘long walk to freedom’
Vir my is 55 trappies
Die ‘lang klim na vryheid’:
Vry van my gewete wat nooit wou stop
Om my van binne droog te suig. Ek, leë dop!
Vry van die verwyt dat die letsels wat die haat
wat ander vir my gekoester het op húl lewens laat
Vry van ʼn moeder wat wegkwyn in haar verdriet
En ʼn vader wat nooit meer ophou staar in die niet
Vry van die Kwaad maar ook vry van die Goed
Maar my ware vryheid was gekoop deur Sy Bloed
Dan... trappie vyf-vyf... die valdeur... geverfde voetspoor...
Daar’s net een laaste woord wat die getuies sal hoor:
(As die beul my vir skaakmat maneuvreer
In my vakkie vir die heel laaste seer
Die lus oor my kop, die ring op my oor
ʼn Masker moet keer dat my oog hom deurboor)
Net voordat die valdeur na onder stort
En Broer Dood my lende met krag omgord
Sal dit luid deur die galgkamer weergalm
My heel laaste woord, ja my een woord Psalm:
“Té-té-lés-tai!”
My stem verswelg in Sy uitroep aan die Kruis
En ek vertrek na Sy Ewige Vaderhuis.
Die Geheim van my Stemgraf
Digger, die naam van my hond se gedagte
Altyd aan’t grawe in die verlede se grafte...
En so stap ek en my gedagtes op gister se stemdag
weer tussen die grafte deur van oomblikke
wat gedink het hulle kan ‘Rus in Vrede’
Maar nee... snuif, snuif, opgewonde blaffend
peil my gedagtes af op ʼn graf gemerk 27 April, 1994
Digger, die naam van my hond se gedagte
Begin grawe sonder enige spesifieke opdragte...
Ek sien myself weer, getrek deur die oog van ʼn naald
geduldig staan in ʼn lang bont almal welkom enkel lyn
om my kruisie te gaan maak langs die
dierbare vriendelike laggende vergewende gesig van Madiba
Ja, net ek en die Here en my kruisie in Tata se blokkie...
in daai hokkie.
Digger my gedagte-hond kom weer terug geloop
En krap gister se geheim van my stemgraf ook oop
En so sien ek my weer twintig jaar later by die stembus
maar wreed ontnugter want Tata se gesig lyk nou heelwat anders
Ek zooma in op die foto en sien die gesig is omring met bose geeste
van Nkandla en ryp-aanklagte en korrupsie en ek word kwaad
En beplan net daar om my stembrief te skaad
Maar Digger my gewete-hond raak kwaai aan die blaf
En ek besef wat ek beoog is heeltemal laf
Toe zooma my gedagtes weer uit op die foto
En ek sien weer vir Tata... en ek sien sy lang pad vol slaggate...
En ek sien hoe wuif hy vir my daar van Robbeneiland af...
En ek sien weer sy dierbare vriendelike laggende vergewende gesig...
Toe word dit weer net ek en die Here en my kruisie in Tata se blokkie...
in daai hokkie
ʼn Perspex Muur
Die Groot Muur van China was gebou
Om stropers van die noorde uit te hou
Die Ysmuur van Berlyn was gemessel met die kwaad
Van koud en agterdogtige oos-wes haat
Die muur wat vir Israel en Palestina skei
Is een wat selfs Bybelse norme oorskry
Apartheid se muur was een van skande
Wat moes keer dat Noag se kinders vat hande
Sedertdien het..
Die Groot Muur van China in onbruik geraak
Sodat hulle nou weerskante daarvan ʼn Tartaar-sousie maak
En...
Die Ysmuur het weggesmelt in Berlyn
Nou klink Oos en Wes selfs ʼn glasie wyn
Maar...
Tussen Israel en Palestina staan ʼn muur God en tart
Want dit hou Abraham se kinders apart
En...
In Suid-Afrika, selfs nog in hierdie laat uur
Loop jy jou telkens nog vas in ʼn perspex muur
Dankie weereens dat jy hierdie paar sopies nostalgie saam met my gedrink het. My innige gebed is dat God wat ons vanuit Babel wil laat optrek na Sy Beloofde land, die Afrikaanse Taal sal gebruik om ons saam te snoer tot ‘n hegte Afrikaner Eenheid, wat tot Sy eer en verheerliking die wêreld sal wys hoe goed dit is wanneer Broers in Goddelike harmonie saamwoon.
Vergun my om so ‘n stukkie deeg af te knyp uit Koos Doep se knieskottel:
Laat my nooit die Taal verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat al die stryd en tweedrag
En pyn
Eindelik nietig word vir my...
Klik hier vir die volgende Bladsy en indien jy wil terugkeer na die Inhoud Opgaaf, klik hier.